GEORGE NUUS - Sowat 460 vroue, insluitend kankerlyers, oorlewendes en ondersteuners, het op Saterdag 1 November die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) se Koppie vir Kansa met die tema, Spogtee in Parys, by die Eden-ouditorium in Knysnaweg bygewoon.
Volgens organiseerder Rita Marx was die oggend 'n groot sukses.
Kansa het ook hul dank uitgespreek aan al die gasvroue, gaste, sprekers, musiekgroepe en donateurs vir hul getroue ondersteuning wat Kansa se werk moontlik maak.
Hierdie jaar se geleentheidspreker, Sherinne Winderley, het glans, styl en bekoring aan die geleentheid gebring.
Haar inspirerende en hartroerende toespraak is met groot waardering ontvang en het 'n kragtige boodskap oorgedra dat elkeen van ons met 'n doel geskape is, en dat ons daardie doel moet raaksien en uitleef.
Die musiekgroep wat die gehoor absoluut verstom het, onder leiding van Drini Botha (produksieleier en pianis), het bestaan uit sangeresse Caroline Grace, Amanda Kidson en Nadia Smit, met Hanley Jumat op kitaar, Calvin Steyn op viool en Eric Vallieres op tromme.
Almal is van George, maar die Franse flair het sterk deurgekom!
Kansa se Karin Pick en Tammy van Rooy by hul stalletjie Saterdagoggend.
'n Spesiale woord van dank is ook aan Marx self gerig vir haar jare lange betrokkenheid en die onbaatsugtige ure wat sy aan die projek afstaan.
Kansa beoog om hierdie gewilde spogtee voortaan jaarliks aan te bied en hoop om weer op dieselfde ondersteuning van die gemeenskap te kan reken.
Dit is die eerste jaar sedert voor die inperking dat die geleentheid weer gevier word.
Een van die organiseerders, Rita Marx (regs in groen) by haar tafel saam met Alna Fourie en Minette van Zyl. Foto's: Kristy Kolberg
Liza Stroebel (middel in swart) by haar tafel saam met Charmaine Harris, Lettie de Kock, Lynette Swiegelaar, Lomine Pretorius, Wilna Fourie en Lana en Pieter Voges (Sanlam/GoodforSure,een van die borge.)‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’