TUINROETE | KAROO NUUS - Prat: Prat gaan op idiomatiese uitdr. (verouderd) Roem op, jou beroem op of trots wees op: Hy besit kultuurskatte waarop menige museum prat sou gaan.
≈ In dié deel van Suid-Afrika ... (het) die Engelssprekendes prat daarop gegaan ... dat hulle selfs meer Brits as ... die Londenaars was (G.D. Scholtz: Pol. Denke V, 1979, 461).
Nghomo gaan daar prat op dat hy 'n towenaar is en hy is gedurig besig om mense aan afpersing te onderwerp (H.L. Gonin, vert.: Laeveld, 1949, 259).
Daar (is) winkels èn winkels — dié wat prat is op hoflikheid en diens en dié wat dit nie is nie (E. v. Heerden: Etikette, 1961, 46).
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'