Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Nie eers die reën kon die geesdrif vanmiddag demp nie toe inwoners van Proteapark een van hul bekendste inwoners, Gideon Lottering terug verwelkom het.
Lottering het onlangs onder die top-10 van Emo Adams se Maak My Famous-program geëindig.
Vanmiddag se geleentheid in Proteapark moes inderhaas aangepas word na reën skielik uitgesak het. Nadat die reën opgehou het, het inwoners by die Sonneblomland-kleuterskool opgedaag.
‘n Glimlaggende Lottering moes bontstaan soos talle inwoners saam met die beroemde inwoner afgeneem wou word.
Onder die diegene wat teenwoordig was by die die geleentheid was sy ouers, Ida en Alfred Lottering en ook sy oudste broer, Charles Lottering.
Michelle Thomas, organiseerder van die geleentheid het ‘n klein geskenkie namens die gemeenskap aan Lottering oorhandig.
Lottering het gesê hy is baie bly om weer terug te wees. “Die mense is so trots op my dat hulle besluit om ‘n verwelkomingsgeleentheid vir my te reël. Ek is baie dankbaar vir al die reaksie,” het hy gesê.
Kyk 'n video hieronder.
Gideon Lottering saam met Michelle Thomas organiseerder van die geleentheid. Foto: Eugene Gunning
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'