Update Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Inwoners van Moeggeploeg sê hulle gaan nie ophou voor die 11 lede wat vanoggend gearresteer is, vrygelaat word nie.
Ernest Damons en Lorenzo Bredenkamp van Moeggeploeg sê hulle was besig om in taxis te klim om ‘n memorandum na die munisipale bestuurder te neem, toe polisie hulle in Missionstraat voorkeer.
“Dit was so vinnig en toe beweeg almal oor Moeggeploeg toe waar ‘n gedeelte van die veld aan die brand gesteek is.”
Die inwoners se niemand het geweld gebruik of moeilikheid gesoek nie. ‘n Inwoner Denville Ryk, sê drie beamptes was binne minute bo-op hom en tussen alles deur het hy ‘n rubberkoeël in die gesig gekry.
Verwante artikel: Good Party throws its weight behind service delivery protest
Bredenkamp beweer, daar word na ekstra klagtes gesoek om die lede wat in hegtenis is, daar te hou. Die polisie en verkeer is steeds op die toneel.
Kyk 'n video hieronder:
Sers. Chris Spies, polisiewoordvoerder, het bevestig dat sowat 11 mense gearresteer is na ‘n groep mense vanoggend die pad in Pacaltsdorp versper het.
Hy sê hulle staar klagtes van openbare geweld sowel as die oortreding van Covid-19-regulasies in die gesig.
'n Veld brand oorkant Moeggeploeg waar polisie op die toneel is.
Denville Ryk was raakgeskiet.
Foto's: Salette Cloete
Vorige artikel: Wat Munisipaliteit doen is 'onregverdig'
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'