Video
GEORGE NUUSFLITS en VIDEO - 'n Groep vroue het verlede Woensdag, op Nasionale Vrouedag, by die On Target-skietbaan naby Heroldsbaai van opgehoopte stres ontslae geraak.
Sowat 60 vroue het die kans gehad om die snellers van vier verskillende wapens te trek.
Volgens Dawie van Rooyen, mede-eienaar van On Target Internasionale Vuurwapen Akademie, het hulle nooit gedink dié pret skiet ervaring sou soveel vroue lok nie.
"Ons het so 20 vroue verwag," het hy gesê. Vroue is in groepe gedeel en elke groep het die onderskeie wapens hanteer.
Die wapens sluit in 'n haelgeweer, 9 mm pistool, .22-geweer en 'n AK 47 aanvalsgeweer.
Kyk 'n video hieronder.
Lees meer in Donderdag se George Herald asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'