GEORGE NUUS - Klein Lyla Berry kon haar opgewondenheid nie inhou nie. Ma Liezl Berry vertel Lyla was vreeslik opgewonde oor hierdie eerste skooldag. “Sy was dou voor dag reeds wakker en gereed in haar skoolrok.”
Volgens Liezl kon Lyla nie wag om te sien wie almal in haar klas gaan wees en om te sien hoe mooi haar nuwe skool is nie.
Sy is vanjaar ‘n gr. 1-leerder by Laerskool George-Suid. Liezl vertel Lyla is ousus, met kleinboet wat ook vanjaar vir eerste keer skool toe is in gr. R. “En al wat sy wou weet is of sy tyd gaan kry om met al haar maatjies te speel en of ek haar weer sal kom haal,” spot sy.
Sy vertel sy was baie trots om Lyla in haar skoolrokkie te sien. Die mamma kon nie genoeg spog hoe gemaklik en vol selfvertroue Lyla was toe sy haar by die skoolhek afgelaai het nie. “Hierdie mamma hart het sommer baie beter laat voel het.”
Sy vertel die skool het dinge ook baie mooi hanteer en alles het goed afgeloop.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'