Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Wêreldvigsdag-vieringe het vanoggend in Conville afgeskop.
George-munisipaliteit beplan ‘n feestelike dag met gedigvoorlesing, stalletjies en dansitems vanaf 12:00 tot 14:00 by die Conville-gemeenskapsaal.
Die Wes-Kaapse regering en verskeie nie-winsgewende organisasies word deur ‘n verskeidenheid van stalletjies verteenwoordig.
Vanjaar se tema is, ‘Maak die regte besluite’.
Portefeuljeraadslid vir gemeenskapsontwikkeling, Mercia Draghoender, sal vanmiddag agtergrond oor die geleentheid tydens haar spreekbeurt gee.
Enigeen is welkom om die verrigtinge by te woon.
Kyk 'n video hieronder.
Verteenwoordigers van die departement van onderwys by hulle stalletjie: Van links is Siltancia le Roux, Hazel-Jean Pietersen, Rozette Katzen en Nelmie Barnard.
ARTIKEL VIDEO & FOTO'S: MICHELLE PIENAAR, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'