GEORGE NUUS - Die stryery oor 'n klein Amerikaanse veghondjie (pit bull) het Saterdag 12 Mei tragies geëindig toe Faizel Michaels (28) voor Mike's Tavern in Parkdene vermoor is.
Volgens Conville-polisie se stasiebevelvoerder, kolonel AB Kriga, het twee mans oor 'n hond gestry waarna twee 18-jarige verdagtes, Stanley du Plessis en Cheslin Rollison, na bewering vir Michaels met 'n hokkiestok aangerand en met 'n mes in die nek gesteek het.
Michaels het op die toneel aan sy wonde beswyk.
Die verdagtes is kort daarna deur Conville-polisielede in hegtenis geneem en het op Dinsdag 15 Mei in die George-landdroshof op aanklag van moord verskyn.
Die voorval het in hierdie area plaasgevind. Foto: Brümilda Swartbooi
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'