Update
GEORGE NUUS - Een van die passasiers wat aan boord was van die bus wat gisteraand by Heights Road van die pad af gery het, is dood aangetref met die aankoms van die nooddienste.
Altesaam 34 passasiers was aan boord van die bus. Die identiteit van die oorledene is nog nie bekend gemaak nie.
Volgens 'n kort verslag wat vanoggend deur George-munisipaliteit uitgereik is, is al die passasiers wat hulp benodig het, deur die nooddienste met mediese sorg gehelp.
Die toneel is aan die polisie oorhandig en die uitsleep van die voertuig sal vandag plaasvind. Ofskoon die pad tans toeganklik is word motoriste gemaan om versigtig te wees wanneer hulle die pad gebruik.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'