GEORGE NUUS - Die wa, wat onlangs deur prof. Erik Holm gerestoureer is, is ‘n skenking van die Voortrekkermonument vir die Tolhuis in die Montagupas.
Dit sal die eerste keer in ongeveer 70 jaar wees dat daar weer ‘n transportwa by die Tolhuis gaan wees.
Albertinia Meubelvervoer het die vervoer van die wa geborg.
Die eienaar, Fanie Oosthuizen, sê dat daar baie belangstelling van die publiek was op pad tussen Pretoria en George.
Carol Hardnick-Jasper van die George-munisipaliteit het gesorg dat die wa Saterdagoggend met verkeersbegeleiding na sy tydelike staanplek in Geelhoutboom vervoer is.
Die Donkiekarboereorkes van Hoekwil het laat waai met heerlike boeremusiek terwyl die wa deur die strate gesleep is.
‘n Veilige skuiling sal vir die wa by die Tolhuis opgerig word.
Persone wat Saterdae tussen 09:00 en 12:00 koffie en pannekoek by die Tolhuis geniet, sal die wa daar kan bewonder.
Die orkes saam met lede van die Vriende van die Tolhuis, van links, agter: Ken Gie (Vriende van die Tolhuis), Johan Gerber, Dawie le Roux, Thys van Wyk, Brian Ferreira en Sam Ackerman. Voor: Gerda Stols (Vriende van die Tolhuis), Carol Hardnick-Jasper (adjunk-burgemeester se kantoor) en Ben Schoeman (Vriende van die Tolhuis).
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'