GEORGE NUUS - Drie toppresteerders van George, Emma Nel en Tiaan Swart van Hoërskool Outeniqua en Christelle Herbst van York High het die streek se naam hoog gehou nadat hulle name op die Wes-Kaapse merietelys aangekondig is.
Die drie leerders het Donderdag 11 Januarie die voorreg geniet as gaste by 'n spog geleentheid vir die beste presteerders van die provinsie saam met die premier van die Wes-Kaap, Hellen Zille, by haar woning in Leeuwenhof, Kaapstad.
Hulle het toekennings ontvang van die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) vir uitnemende prestasies in die matriekeksamen.
Nel sê dit was 'n eer om deel te wees van die ervaring saam met die toppresteerders in die provinsie. "Ek het die geleentheid vreeslik geniet."
Herbst sê dit was opwindend om vir Zille en Debbie Schäfer (Wes-Kaapse minister van opvoeding) te kon ontmoet.
Die premier van die Wes-Kaap, Helen Zille, het vanjaar weereens die toppresteerders by haar huis in Kaapstad verwelkom. Saam met haar is twee Kwaggas, Tiaan Swart en Emma Nel.
"Ek het besef hoe bevoorreg ek is. Ek het tussen leerders gesit wat goeie resultate behaal het ten spyte van moeilike omstandighede en dit was 'n eer om in hulle teenwoordigheid te wees."
Herbst het 'n algehele persentasie van 94%, sewe A's en 100% in Afrikaans behaal, sy gaan BEc-LLB by die Universiteit van Stellenbosch studeer.
Sy hoop om eendag vir 'n groot maatskappy te werk en 'n suksesvolle besigheidsvrou te wees.
Christelle Herbst is een van die toppresteer-ders in dieWes-Kaapwat vereer isvir haar puikprestasie in dienasionalematriek-eksamen virrekenaartoepas-singstegnologie. Foto: Myron Rabinowitz
Nel, het 'n algehele persentasie van 95% en nege onderskeidings behaal.
Sy gaan BSc Wiskundige Wetenskap by die Universiteit van Stellenbosch studeer.
Swart het 93,9% en sewe onderskeiding behaal en het sewe onderskeidings gekry.
Hy het ook voorneme om vanjaar ’n Matie-student te word.
Christo Vorster, skoolhoof van Hoërskool Outeniqua, is trots op Emma Nel en Tiaan Swart vir hul verteenwoordiging van die skool by die premierswoning.
ARTIKEL: BRÜMILDA SWARTBOOI, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'