GEORGE NUUS - Liandri Lamprecht (14) 'n leerder by Danlyn Academia in George, het op 7 Oktober deelgeneem aan Pageant SA se Miss Teen South Africa, Miss Supreme Queen en Miss Ekurhuleni.
Al die kompetisies is in Pretoria gehou.
Die rok wat sy gedra het is spesiaal deur Ronel de Beer Couture vir haar ontwerp.
Liandri het die volgende titels ingepalm:
- Miss Teen South Africa: 1ste prinses
- Mini Miss Teen World South Africa 2023
- Miss Supreme Queen: wenner
- Miss Ekurhuleni: 1ste prinses
As 'n Miss Teen South Africa 2023 finalis het sy verskeie uitreike gedoen en Laerskool Kretzenhoop in Blanco besoek waar sy met die gr. 7's gesels het oor #Girl Power en ook sanitêre doekies oorhandig het wat sy vir hulle ingesamel het.
Liandri is ook Miss Junior Teen Garden Route en is tans besig om blikkieskos in te samel vir Power Towers wat in November plaasvind. Enigiemand wat blikkieskos wil skenk kan Lydia by 082 329 2825 kontak.
Turkye
As Mini Miss Teen World South Africa 2023 kan sy gaan deelneem in Turkye in Mei 2024. Dit is egter nog nie finaal besluit nie aangesien die koste baie hoog is.
Die volgende groot skoonheidskompetisie waaraan sy gaan deelneem is Miss Junior South Africa 2024 in Maart volgende jaar.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’