Video
TUINROETE DISTRIKSNUUS EN VIDEO - Die DA se Oosstreek kies vandag sy nuwe leierskap.
Tertuis Simmers is onbestrede tot voorsitter gekies.
Jaco Londt, die uittredende voorsitter, het homself nie weer verkiesbaar gestel nie.
Altesaam 341 afgevaardigdes van regoor die streek woon die geleentheid by. Onder die mense wat opgedaag het is Fredrika en Alfred Simmers, ouers van Simmers. Hulle het hul seun sterkte kom toewens met die nuwe uitdaging.
Die DA se oosstreek sluit verskeie plekke in waaronder George, Swellendam, Mosselbaai, Knysna, Plettenbergbaai, Oudtshoorn en Calitzdorp.
Kyk 'n video hieronder:
Die DA se Oosstreek kies vandag sy nuwe leierskap.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'