Update
GEORGE NUUS - Die tandarts Ian Venter, wat tans tronkstraf uitdien ná hy vir 'n tweede keer skuldig bevind is aan seksklagtes waar minderjarige seuns betrokke was, verskyn weer op 1 Julie in die Thembalethu-streekhof op 'n aanklag van minagting van die hof.
Tydens vonnisoplegging in November 2014, na hy die eerste keer skuldig bevind is, het streeklanddros Eugenia Jacobs, na 'n vraag van Venter se destydse regsverteenwoordiger, Braam Swart, gesê dat Venter nie met kinders óf in die omgewing van kinders mag werk nie.
Swart wou toe weet of Venter kinders mag behandel as die ouers hul kinders inbring en tydens prosedures insit, waarop Jacobs gesê het die wet is duidelik, hy mag nie.
In Mei 2017 is Venter egter by sy praktyk in die middedorp in hegtenis geneem ná dit aan die lig gekom het dat hy wel kinderpasiënte behandel het.
Hy het destyds getuig dat hy verbaas en geskok was toe die polisie hom in hegtenis geneem het. Hy het aangevoer dat hy nie geweet het dat hy nie met kinders mag werk nie.
Lees meer in Donderdag se George Herald, asook aanlyn.
Lees 'n vorige artikel: Tandarts in hof vir minagting
‘Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus’