Update
GEORGE NUUS - Al hoe meer inwoners let op dat straatligte op vreemde tye brand. Dit gebeur reg deur die dorp en in woonbuurte. Chantel Edwards-Klose, munisipale woordvoerder, het by navraag gesê dit is baie belangrik dat inwoners ligte wat gedurende die dag brand moet aanmeld.
"Dit gebeur soms dat instandhoudingswerk in 'n straat of gebied geskied waar die ligte aangeskakel word om te sien watter ligte aandag benodig. Dit word dan weer na die vervanging van die foutiewe ligte aangeskakel, om te sien of alles in 'n werkende toestand is," het Edwards-Klose gesê.
"Dit gebeur ook soms dat personeel op bystand 'n dooie seksie straatligte snags aanskakel en vergeet om dit die volgende dag aan te meld. Sodra die straatligseksie van sulke gevalle bewus word, word 'n amptenaar uitgestuur om die probleem op te los."
Straatligte is nie veronderstel om na 16:00 te brand nie, behalwe wanneer personeel of kontrakteurs met projekte besig is. Brandende straatligte kan gedurende die dag by die volgende nommers aangemeld word: 044 801 9222 of 044 874 3917.
Lees 'n vorige artikel: Straatligte brand bedags, Munisipaliteit sê hoekom
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'