Gallery
GEORGE NUUS - Raquelle Solomons (6) van Proteapark het gisteroggend (Woensdag 15 Januarie) al 05:00 opgestaan en teen 05:30 was sy aangetrek en gereed vir haar eerste skooldag in gr. 1 by St Paul's Primêr.
Sy kon nie wag dat die nuwe skooljaar begin nie. Kort na 07:00 het sy saam met haar pa, Ronnie Solomons, by die skool opgedaag.
Hulle is toe deur Baron Calvert, die skoolhoof verwelkom. Sy was voorheen by die Sonnebloem-kleuterskool.
Calvert het ook tyd afgeknyp om van die ander ouers te verwelkom wat eenkant gestaan en gekyk het hoe hul spruite die volgende fase in hul lewens aandurf.
Calvert het gesê daar is twee Afrikaanse klasse en een Engelse klas. In die Afrikaanse klasse is 62 graadeens. In die Engelse klas is minstens agt leerlinge en dit kan nog meer word.
Sowat 438 leerlinge is vanjaar by die skool ingeskryf. In die algemeen het die skool se getalle gegroei en die gr. 1-klasse se getalle is min of meer dieselfde as verlede jaar. Dit was nog nie nodig om leerlinge weg te wys nie.
Die leerlinge kom hoofsaaklik van Thembalethu. Daar is ook leerlinge van Wilderness en Kleinkrantz.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'