TUINROETE NUUS - 'n Groot saamtrek vir die nageslag van Piet "Manel" en Dollie Uys van Swellendam se nege kinders word tans beplan, wat in beide Pretoria en die Paarl sal geskied.
Daar is egter van die skapies wat nog nie in die kraal is nie.
"Op hierdie stadium het ons al agt van die nege familievertakkings op skrif, maar een groep is nog 'soek'," het Sandra Jordaan van Groot-Brakrivier gesê.
Speurwerk het Jordaan na die George-omgewing gelei, en haar hoop is om kontak te maak met Johanna Helena Elizabeth Uys (getroud Du Toit; gebore in 1956), en Johannes Lodevicus Uys (gebore in 1958).
"Ek weet tonne Gautengers het die afgelope paar jaar suide toe beweeg," het Jordaan gesê.
"Ons het ook nou vasgestel dat dit lyk of die ma van die twee familielede wat ons soek, in George oorlede is. Dit bevestig ons vermoede dat daar 'n skuif na die Suid-Kaap was."
Enigeen met inligting kan Sandra Jordaan kontak by 084 585 4545.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’