Gallery
GEORGE NUUSFLITS - Kinders moet van kleintyd weet waar hul kos vandaan kom.
Volgens Susan Willemse, koördineerder van die George-landbouskou, is hierdie jaarlikse hoogtepunt op die dorpskalender die ideale geleentheid om die jeug van landbou bewus te maak.
"As jy nie boer nie, kan jy nie eet nie. Dit moet jy vir kinders van kleintyd af leer," het sy gesê. "Dit is seker een van die belangrikste dinge om oor te dra."
Die Outeniqua-skougenootskap het vanjaar hul 156ste landbouskou agter die rug, met meer as 17 000 mense deur die hek. Die skou het verlede Donderdag 24 Augustus begin en het oor drie dae gestrek.
Sowat 16 skole het die landbouskou verlede Donderdag besoek. Die leerders se toegangsfooi is gefinansier deur die skougenootskap, in samewerking met die Wes-Kaapse departement van landbou.
Lees meer in Donderdag se George Herald, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'