GEORGE NUUS - Sowat 300 leerders en 30 opvoeders van Touwsranten VGK Primêr het op 8 Junie 'n optog vir kinderbeskerming deur hulle gemeenskap gehad.
Die skool se leerderondersteunings-opvoeder, Celeste van Rooyen, het besef daar is vele leerders wat baie trauma beleef weens mishandeling by die huis.
"Mishandeling is nie die kind se skuld nie, al sê enigiemand iets anders. As volwassenes moet ons kinders beskerm en nie seermaak nie. Kinders moet ook nie stilbly nie, want dan gaan die situasie nooit verander nie," sê sy.
Junior Appels hou sy plakkaat omhoog.
Die leerders, opvoeders en polisie tydens die optog in die Touwsranten-gemeenskap.
Leerders het plakkate gemaak en in stilte deur die strate geloop omdat daar so baie leerders vasgevang is in situasies waarin hulle voel hulle nie kan praat nie.
"Ons as skool wou werklik die gemeenskap bewus maak daarvan. Ons is ook baie dankbaar dat die polisie betrokke was by die optog," het die skool se grondslagfase departementshoof, Rolandi Brenkman, gesê.
Al die leerders en opvoeders wat deelgeneem het aan die optog.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’