Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Die Wes-Kaapse minister van onderwys, Debbie Schafer, het Vrydag Dellvillepark Primêr besoek, na sy 'n berig in die George Herald gesien het oor die skool se opknappingsinisiatief.
Schafer was baie beïndruk dat die skool nie gewag het vir geld van die departement om die projek aan te pak nie. "Ek is bly hulle het eie inisiatief geneem. So baie skole sit en wag vir die departement om iets te sê of te doen voor hulle aksie neem."
Sy sê die departement is onder geweldige druk met hulpbronne en finansies, en dit is wat die geval vir haar so besonders gemaak het. Volgens die berig het selfs onderwysers ingespring en geverf. (Skool kry nuwe baadjie, 5 April 2018, bl. 22). Ook was Schafer baie beïndruk dat die skool steeds so goed lyk, aangesien dit eintlik 'n "plankie skool" is, soos sy dit beskryf het.
Verder sê sy moet die skool een of ander tyd oorgebou word, maar ten opsigte van hoe ander skole lyk, kan sy dit amper nie regverdig nie, veral nou na die "facelift".
Sy sal so gou sy kan 'n vergadering met die departement infrastruktuur reël om te kyk of daar 'n skoolsaal gebou kan word, maar sy wou geen beloftes maak nie. Vir Shafer maak dit nie sin om nou 'n nuwe saal te bou as die skool in 'n latere stadium herbou moet word nie. Sy is egter baie gretig om skole te help wat hul self help.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'