GEORGE NUUS - 'n Groep senior burgers, wat 'n paar keer per jaar bymekaarkom wanneer hulle bederf word deur die Christelike Familiestigting van Pacaltsdorp, het 'n gesellige jaarafsluiting by George Gateway Ministries in Proteastraat geniet.
Hulle het keurige versnaperings geniet, gesing en lekker sosiaal verkeer.
Die stigting se voorsitter, Isaac Jaftha, het 'n gemoedelike luim geskep met 'n opbouende boodskap wat die seniors bemoedig het.
Hy het gesê hulle moet weet dat elkeen van hulle waardevol is.
Vir meer inligting oor die stigting en die groep, bel Isaac Jaftha by 074 635 8512.
Isaac Jaftha saam met van die senior dames by die geleentheid, van links: Eva Jansen, Fiela Scheepers, Christina Everts en Sophy Fluks.
Billy Booysen, Cornelius Botha, Paul Afrika en Tom Smile (van links) het die geleentheid geniet. Foto: Alida de Beer
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'