GEORGE NUUS - Terwyl George-stadsraad bewerings ondersoek dat Good-raadslid, Donovan Saptoe drie agtereenvolgende raadsvergaderings sonder 'n verskoning of verlof gemis het en ook beweer dat Saptoe se munisipale rekening agterstallig is, het Saptoe 'n klag by die polisie teen Allan Paulse, direkteur van gemeenskapsdienste gelê.
Hy vra ook dat die raad Paulse skors.
Die kriminele klagte is in reaksie op 'n stemnota wat Paulse na bewering vir Saptoe gelos het na Saptoe aantygings gemaak het oor sogenaamde onregmatige aanstellings by die munisipaliteit.
Saptoe voer aan Paulse het hom en sy vrou gedreig en probeer intimideer. Saptoe het 'n transkripsie van die beweerde stemnotas laat maak en aan die polisie oorhandig.
Die nuutste verwikkelings kom teen die agtergrond van 'n woordestryd wat verlede week tussen Saptoe en George se DA-burgemeester, Leon van Wyk, ontstaan het.
Van Wyk het Saptoe se aantygings oor onregmatige aanstellings met minagting verwerp en gesê hy maak die aantygings in die lig van 'n persoonlike geskil wat hy het met die waarnemende munisipale bestuurder en Paulse.
Hy het verwys na 'n aanbeveling aan Anton Bredell, Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, dat Saptoe as raadslid verwyder word omdat 'n raadslid se munisipale rekening in gevolge wetgewing nie agterstallig mag wees nie.
Saptoe sê egter sy rekening is betaal. Volgens hom is dit trouens vooruitbetaal. Hy sê tydens die raadsvergadering op 25 Maart toe Good-lede probeer het om die speaker daaroor in te lig, is hulle spreekbeurte geweier. Saptoe sê die stand van sy rekening is oop vir ondersoek.
Vergaderings gemis
Munisipale woordvoerder Chantèl Edwards het Maandag by navraag aan George Herald gesê die bewerings dat Saptoe drie agtereenvolgende raadsvergaderings gemis het, word ondersoek.
Saptoe sê egter dis nuus vir hom. Hy het wel 'n brief van die speaker ontvang waarin hy meegedeel is dat hy na bewering drie komiteevergaderings gemis het.
"Ek het nog tyd om daarop te reageer en ek ontken dit. Dis lagwekkend wat nou gebeur. Die vrae wat ek gevra het word steeds nie geantwoord nie en in stede word my persoon aangeval."
Hy het ook bevestig dat hy 'n klag by die polisie gelê het oor beweerde intimidasie deur 'n senior munisipale amptenaar teen hom.
Paulse reageer
Hy het nog nooit direk enige doodsdreige-mente teen Donovan Saptoe of sy vrou gemaak nie, het Paulse gister, Woensdag 6 April, gesê.
Hy het by navraag gereageer op 'n verklaring wat gister deur Saptoe uitgereik is.
In die verklaring sê Saptoe onder meer dat hy aan dr. Michelle Gratz, die waarnemende munisipale bestuurder, geskryf het. Hy vra dat baie ernstige bewerings voor die raad dien wat sy lewe bedreig en ook die veiligheid van sy familie en ander en dat die raad oorweeg om Paulse te skors.
Paulse sê dis vir hom duister wat se motief Saptoe teen hom, Gratz en ander amptenare het sedert hulle op 1 Januarie 2021 by die munisipaliteit begin het. "As hy 'n stryd het moet hy dit rig teen sy politieke opponente en die amptenare uitlos."
Saptoe se volledige verklaring
Ten days ago GOOD requested George Mayor, Leon Van Wyk, to present to council allegations that two senior staff members ion the municipality had been irregularly appointed on the instruction of the Director for Community Services, Alan Paulse.
Municipal regulations require the mayor to present allegations of misconduct to council within seven days. But the mayor summarily and unlawfully rejected the allegations, refusing to table them to council.
Instead of reigning Paulse in, the Mayor’s attempted cover-up emboldened Paulse to send death threats to Councillor Saptoe and his wife, Roslyn, a respected chartered accountant with her own professional practise in George.
In a series of voice notes, containing foul and aggressive language, Paulse alludes to the availability of hit men in the taxi industry who will commit “murders” and “kidnaps” for R80 000.
I have today written to the Acting Municipal Manager requesting her to table the allegations of this very serious conduct, threatening my life and the safety of my family and others, before Council.
I have also requested Council to consider a precautionary suspension since Paulse has demonstrated an intention to commit violence.
I have opened a criminal case with the George SAPS and I expect the police to conduct a speedy and decisive investigation.
I have submitted verified transcriptions of the voice notes to the Acting Municipal Manager.
South Africans have had more than enough of corruption, and GOOD will not be deterred from its work holding crooks to account in George.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'