GEORGE NUUS - Rowers het Sondagmiddag (27 Augustus) met 'n aansienlike bedrag geld gevlug nadat hulle die 'n afleweringsvoertuig van Buddy's Liquor Store, in Nelson Mandela-boulevard, gekaap het.
Volgens kapt. Ursela Lottering, kommunikasiebeampte van Conville-polisie, was die bestuurder (36) van die voertuig, omstreeks 15:00, besig met aflewerings toe twee onbekende verdagtes hom nader.
Een verdagte het hom met 'n mes gedreig,
waarop hulle die voertuig geneem en weggejaag het. Die bestuurder is nie beseer nie. Lottering het bevestig dat die voertuig later in Ellen Venastraat, Lawaaikamp, gevind is. 'n Aansienlike bedrag kontant is uit die voertuig gesteel. Geen verdagtes is nog aangekeer nie.
Enige persoon met inligting kan die ondersoekbeampte, sers. Makonza by 044 803 3300 skakel.
ARTIKEL: KRISTY KOLBERG, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'