GEORGE NUUS - Tydens ‘n funksie vir Progress-rugbyklub Saterdagaand, is die nuwe Mej. Progress asook Mej. Volrond gekroon.
Mej. Progress 2019 is Davona Cornelius. Die Mej. Volrond-kompetisie is gewen deur Beroline Barlow.
Die funksie was ook ten bate van spelers wat dit nie breed het nie.
Organiseerder, Ilze Bock, sê sy sal graag meer wil doen vir sport in George.
“Ek is self ‘n sportvrou en weet wat dit beteken om jou eie toerusting en uitrustings te hê.” Die geld wat tydens die geleentheid ingesamel is, is aan die klub geskenk.
Die Mej. Volrond-kompetisie is gewen deur Beroline Barlow. Haar prinsesse is Jennifer Pretorius en Noline Twigg.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'