GEORGE NUUS - Podiumpret, 'n naam met sorg gekies om aan jong leerders (sprekers én lesers) die geleentheid te bied om met selfvertroue voor 'vreemde' gehore op te tree. Met toegewyde en eerlike beoordelaars word 'n ongeëwenaarde standaard gestel.
Tydens die finaal (ook met 2020 se eFinaal) word 50% van die beoordelaars uit die gemeenskap gevra om te beoordeel.
Die doel hiervan is om sprekers, jonk én ervare, bewus te maak van 'n werklike wêreld en om te voldoen aan die eise wat dit stel.
Podiumpret is aan die begin van April 2021 deur Talent Africa genooi om 11 leerders in te skryf vir hulle 2020 internasionale kompetisie waarvan Ierland en Pole die gashere is.
George se eie Henco Bester, 'n g. 9-leerder van Hoërskool Outeniqua, is een van die 11 deelnemers wat gekies is. Die kompetisie word bestempel as die Olimpiese Spele vir kultuur.
Aanlynbeoordeling het van 15 tot 20 Mei plaasgevind en die uitslae behoort aan die einde van Mei beskikbaar te wees.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'