Die man (45) het sy eksvrou (44), wat in Groot-Brakrivier woon, tydens 'n rusie in die regter bobeen geskiet en daarna die vuurwapen onder sy ken gedruk en die sneller getrek.
Beide is steeds in 'n ernstige maar stabiele toestand in hospitaal.
"Ons voorlopige ondersoek dui daarop dat die verdagte en sy eksvrou vroeër die dag in George ontmoet het. Na die ontmoeting op pad terug na haar woning het daar ‘n stryery tussen die twee ontstaan. Daar word ook beweer dat die verdagte roekeloos begin bestuur het en uiteindelik langs die N2-snelweg tussen Heroldsbaai en Glentana tot stilstand gekom het," het kaptein Malcolm Pojie gesê.
Pojie sê twee jong mans het gestop om hul hulp aan te bied, maar het gevlug toe hulle sien die verdagte het 'n vuurwapen.