Streeklanddros Eugenia Jacobs het Venter onskuldig bevind en vrygespreek op sewe van die nege hoof aanklagte teen hom, waaronder drie klagtes van verkragting.
Venter is egter skuldig bevind op vyf van die alternatiewe klagtes wat seks met 'n minderjarige en toon van pornografiese materiaal aan 'n minderjarige insluit. Hy het onskuldig gepleit op al die klagtes teen hom.
Die klaer (toe 15 jaar oud) het beweer Venter het hom eers dronk gemaak en daarna pornografiese materiaal gewys waarna hy die seksdade gepleeg het. Die voorval het op 27 Desember 2011 in Venter se vorige huurhuis in Victoriabaai plaasgevind terwyl die slagoffer daar oorgeslaap het. Hy en sy familie is oorspronklik van Pretoria en was met vakansie aan die Tuinroete.
Streeklanddros Jacobs het in haar uitspraak gesê dat die seun 'n gunstige indruk op die hof gemaak het tydens sy getuienis al was daar tekortkominge, onduidelikhede en enkele weersprekings. Die hof het dit egter vreemd gevind dat die seun die aand van die voorval homself kaal uitgetrek het op versoek van Venter, op die bed gaan lê het en gedink het niks sleg gaan gebeur nie. Hy het ook nooit alarm gemaak tydens die voorval nie. Die klaer het getuig dat hy baie dronk was, maar streeklanddros Jacobs het gesê die hof is nie oortuig dat sy oordeelsvermoë so aangetas was nie en het bevind dat hy gewillig en instemmend was.
Oor Venter het streeklanddros Jacobs gesê hy het gegaan van totale ontkenning van die voorval tot sekere informele erkennings. Venter het erken dat hy en die seun mekaar wel gemasturbeer het; hy die sak met pornografiese DVDs gaan haal het en hulle daarna gekyk het; en hy (Venter) sy penis uitgehaal het - iets wat Venter as 'n oordeelsfout beskryf het. Die informele erkennings is in kruisondervraging deur Venter se regsverteenwoordiger, mnr. Braam Swart aan die klaer gemaak.
Streeklanddros Jacobs het gesê die hof het verwag dat Venter die hof in sy vertroue sou neem en getuig in die saak, maar dat die uitoefening van sy swygreg nie sonder gevolge is nie. Hy het geweet hoe oud die klaer is en dat sy optrede verkeerd was, het streeklanddros Jacobs gesê.
Die seun se ouers het na die hofverrigtinge gesê hulle is onseker hoe hulle oor die uitspraak voel.
"Daar is een of twee dinge waarmee ons ontevrede is, maar die feit van die saak is dat daar darem 'n skuldigbevinding op die alternatiewe klagtes is, wat goed is. Ons moet alles nou agter die rug sit en vorentoe kyk," het die seun se pa gesê.
Die saak is uitgestel tot 12 November om voorvonnisverslae aan te vra wat 'n korrektiewe toesig verslag insluit.
Mnr. Brandon Smith verskyn vir die staat.
*Well-known George dentist Dr Ian Venter (43) was found guilty in the Thembalethu Regional Court yesterday for having sex with a minor in December 2011. The victim (then 15 years old) said that Venter first gave him alcohol and showed him pornographic material before committing the sexual deeds. Regional Magistrate Eugenia Jacobs found Venter not guilty on seven of the nine main charges against him, of which three were rape. He was, however, found guilty on five of the alternative charges, which include having sex with a minor. The other two main charges of which Venter was found guilty, relates to exposing a minor to pornography. He pleaded not guilty on 9 charges of sexual offences against him.
Klik hier vir 'n vorige artikel.

Venter het hom vinnig uit die voete gemaak in sy spoggerige wit Mercedes Benz na gister se hofverrigtinge. Foto: Anele Magxaka
ARTIKEL: LIZETTE DA SILVA, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'