Gallery
GEORGE NUUS - Baron Calvert, St. Paul's Primêr se hoof, sê hulle benader 'n nuwe skooljaar altyd met entoesiasme en nuwe planne.
"Ons as onderwysers is ligdraers en ons bly positief te midde van uitdagings in die onderwyssektor. Een van die uitdagings tans is laat registrasies en om plek te kry vir al die leerders. Die gr. R- en gr. 1-klasse is klaar vol."
Die skool het 138 graadeens vir die 2023-jaar verwelkom wat in vier klasse geakkommodeer word.
Amanga Bini
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'