GEORGE NUUS - Hier is nie 'n waglys nie, want ons wys nie kinders weg by Conville Primêr nie. Ons probeer soveel help as wat ons kan. Ons skryf almal in en ons maak altyd 'n plan. Só sê Conville Primêr se skoolhoof, Sam Crowley.
Crowley, wat voorheen hoof by Albertinia en daarna waarnemend by Blanco, het in Augustus verlede jaar die rol as skoolhoof by Conville ingeneem.
Soos in 2019 is daar tot dusver sowat 220 inskrywings by dié skool. Die vyf gr. 1 klasse, waarvan drie Afrikaans en twee Engels is, bevat gemiddeld tussen 40 en 44 leerders per klas en meeste van hul leerders kom uit Thembalethu en Conville.
Ons is in graad een! Niggie en nefie, Lidinir Yantolo (7) en Athenkosi Ngqeza (7) sien baie uit na hulle eerste jaar in die grootskool. Lidinir se ma, Brenda, het hulle na Conville Primêr vergesel.
'n Baie opgewonde Ayomthando Gaxa saam met haar pa, Malibongwe Sikateni en ma, Asive Gaxa. Foto's: Kristy Kolberg
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'