GEORGE NEWS - The General Valuation Roll is a document containing the municipal valuations of all the registered properties within the boundaries of the greater George municipal area and is used to calculate the rates that property owners are required to pay.
The General Valuation Roll gives the market value of a property on a certain date. It applies to residential, agricultural, business and commercial properties and is used to calculate the monthly rates that property owners are required to pay for services such as street lighting, parks, libraries, fire services, etc.
George Municipality uses a service provider, DDP Valuers (Pty) Ltd. The process to compile the General Valuation Roll of an estimated 54 000 properties in the greater George area, has been completed.
The final General Valuation Roll will be published for public inspection from 9 February 2023 until 31 March 2023. At the same time, stakeholders will be given the opportunity to lodge objections, if deemed necessary. The objection process is followed by a valuation appeal process. The General Valuation Roll will be implemented on 1 July 2023.
Ratepayers must verify their valuations, as it would affect the rates they pay on their own properties as well as the overall rate calculations for the city. It is a great opportunity for citizens to engage with the municipality to ensure that their properties are correctly valued.
What is a valid objection?
There are various reasons that allow owners (or their authorised representatives) to submit an objection against a specific property on the municipality’s General Valuation Roll.
According to Section 50 (1)(c) of the Municipal Property Rates Act (MPRA), an objection with the municipal manager against any matter reflected in, or omitted from, the roll can be lodged against a single/specific property (Section 50 (2) of the MPRA).
Legitimate reasons for lodging an objection include:
• Town allotment • Suburb • Sectional title scheme name • Erf number • Portion • Section • Unit • Owner name • Category • Physical address • Extent • Market value • Omitted • Farm name
What are non-valid reasons/objections and will not be considered:
• No services • I am a pensioner (refer to rates policy regarding rebates) • My rates are too high (refer to rates policy for cent in the rand) • Comparing to similar properties in the valuation roll (objection must be lodged against the property with the incorrect value and using market sales for comparison) • Comparing current value with previous valuation • Various erven on one objection form (every erf must have its own objection form).
For more information, contact George Municipality: Valuations on 044 801 9111, e-mail: valuations@george.gov.za or visit the website www.george.gov.za
Fokus op: Nuwe algemene waardasierol inspeksie- en beswaar-proses begin
Die Algemene Waardasierol is ‘n dokument wat die munisipale waardasies van al die geregistreerde eiendomme binne die groter George munisipale gebied bevat en word gebruik om die eiendomsbelasting wat grondeienaars moet betaal, te bereken.
Die Algemene Waardasierol verskaf die markwaarde van ‘n eiendom op ‘n bepaalde datum. Dit is van toepassing op residensiële, landbou-, besigheids- en kommersiële eiendomme en word gebruik om die maandelikse tarief wat grondeienaars moet betaal vir dienste soos straatligte, parke, biblioteke, brandweerdienste, ens. te bepaal.
George Munisipaliteit maak gebruik van ‘n diensverskaffer, DDP Valuers (Pty) Ltd.
Die proses om die Algemene Waardasierol met ongeveer 54 000 eiendomme saam te stel, is afgehandel.
Die finale Algemene Waardasierol gaan geadverteer word vir openbare insae vanaf 9 Februarie 2023 tot 31 Maart 2023. Terseldertyd word ‘n geleentheid gegee om beswaar aan te teken, waar nodig. Na die beswaarmakingsproses is daar ook ‘n waardasie appèlproses. Die Algemene Waardasierol gaan op 1 Julie 2023 geïmplementeer word.
Grondeienaars moet hul waardasies nagaan, aangesien dit die belasting op hul eie eiendomme, sowel as die oorhoofse belastingkoers van die stad, kan affekteer. Dit is ook van kardinale belang vir inwoners om saam te werk met die munisipaliteit om te verseker hul eiendomme word korrek waardeer.
Wat is 'n geldige beswaar?
Daar is verskeie redes wat eienaars (of hul gemagtigde verteenwoordigers) toelaat om 'n beswaar teen 'n spesifieke eiendom op die munisipaliteit se Algemene Waardasierol in te dien. Ingevolge die Wet op Munisipale Eiendomsbelasting (MPRA) Artikel 50 (1)(c), kan 'n beswaar teen enige aangeleentheid wat ingesluit of weggelaat word uit die rol teen 'n enkele/spesifieke eiendom, by die munisipale bestuurder ingedien word (Artikel 50 (2) van die MPRA).
Wettige redes vir die indiening van 'n beswaar sluit in:
• Dorpsgebied • Voorstad • Deeltitelskema naam • Erfnommer • Gedeelte • Seksie • Eenheid • Eienaarnaam • Kategorie • Fisiese adres • Omvang • Markwaarde • Weggelaat • Plaasnaam
Ongeldige redes/besware wat nie oorweeg sal word nie:
• Ek het geen dienste • Ek is 'n pensioenaris (verwys na belastingbeleid rakende terugbetalings) • My tariewe is te hoog (verwys na tariewebeleid vir sent in die rand) • Vergelyk met soortgelyke eiendomme in die waardasielys (beswaar moet teen die eiendom met die verkeerde waarde ingedien word, en markverkope moet vir vergelyking voorgelê word) • Vergelyk huidige waarde met vorige waardasie • Verskeie erwe op een beswaarvorm, (elke erf moet eie beswaarvorm hê).
Vir meer inligting, kontak George Munisipaliteit: Waardasies by 044 801 9111, e-pos valuations@george.gov.za of besoek die webwerf www.george.gov.za
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'