Gallery
GEORGE NUUS - Die gemeenskap van Pacaltsdorp het verlede Saterdag, 3 Desember, 'n familiedag op die skoolterrein van Pacaltsdorp Sekondêr geniet. Die geleentheid is deur Heartbeat FM aangebied.
Drie spanne het ingeskryf vir 'n Amazing Race-kompetisie. Die kinders het aan sport deelgeneem, stalletjies het kunshandwerk en eet- en drinkgoed verkoop.
Bestuurder van die radiostasie, Peter Jaftha, en hoof- uitvoerende beampte, Avril Arends, het die deelnemers en gaste van die dag hartlik welkom geheet.
Dit was duidelik dat die kleingoed baie pret gehad het en sommige gesinne was reg vir 'n lang dag van speletjies en plesier.
Die wenners van die Amazing Race-kompetisie was 'Die Vollies', met Jayden Kammies en Donovan Jullies. Die ander twee spanne was 'Mtiya Attorneys' met Abongile Waqu, Amove Konstabel en Yandiswa Yalezo, en die span '2Legit' met Tracy Mitchell, Sandra Mitchell en Maria Qobhoka.
Die plan is om hierdie familiedag 'n jaarlikse instelling te maak.
Jaftha het namens Heartbeat FM se bestuurspan alle luisteraars bedank, sowel as die radiostasie se Sport Beat-bloggers wat sommer self ingespring het en aan die potjiekoskompetisie deelgeneem het.
FOTOGALERY: Familiedag op die skoolterrein van Pacaltsdorp Sekondêr
Deelnemers aan die Amazing Race: voor is die 'Vollies', Jayden Kammies en Donovan Jullies. Agter van links is die span 'Mtiya Attorneys' met Abongile Waqu, Amove Konstabel en Yandiswa Yalezo. Langs hulle is die span '2Legit' met Tracy Mitchell, Sandra Mitchell en Maria Qobhoka.
'n Groepie kinders van Reigerpark het vreugde uit die dag geput.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'