Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Dit was vandag weer die jaarlikse George Voorbereidingskool se kleuresport.
Dit is die dag wat die geel-, rooi- en blouspanne dit op die atletiekveld uitspook.
Die dag het begin waar elke span op die musiek van Chariots of Fire op die veld geloop het en hul krete geskree het.
‘n Mens kon die erns van hierdie geleentheid op elke kind se gesig sien.
Baie ouers het, na hul kind se beste poging, hulle beloon met ’n besoek aan die snoepie.
Kyk 'n video hieronder.
Die geel span besig met sy kreet.
Die blou span wys wie is bo.
Die rooi span wil almal 'n les leer.
ARTIKEL, VIDEO EN FOTO'S: WESSEL VAN HEERDEN, GEORGE HERALD
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'