GEORGE NUUS - 'n Motorfietsryer is vanmiddag, Sondag 2 Oktober, gehospitaliseer ná hy blykbaar beheer oor sy motorfiets in die Outeniquapas verloor het.
Hy was onderweg in die rigting na George.
Volgens 'n bron na aan George Herald is die man buite gevaar en sterk tans in die hospitaal aan. Geen ander voertuie was in die ongeluk betrokke nie.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'