Gallery Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Die nimlike Minki van der Westhuizen en een van die land se bekendste sjefs, Herman Lensing, het ekstra glans verleen aan 'n aand van gesellige kuier en opwinding op die openingsaand van die pragtige Tuinroete-vertoonlokaal van Universal Kitchens & Granite in George.
Dit is op Donderdagaand 24 Februarie by die lokaal te Merrimanstraat 146 gehou.
Herman het 'n kombuis in die vertoonlokaal op die proef gestel deur drie van sy eie resepte voor te berei, terwyl Minki die gesprek lewendig gehou het.
Universal Kitchens se eienaar, Clinton van Breda, en sy span het geen moeite ontsien nie om te sorg dat dit 'n genotvolle aand was vir die genooide argitekte, bouers, verskaffers en kliënte.
Verskaffers is geleentheid gegee om gaste toe te lig oor die produkte wat hulle aan Universal Kitchens verskaf.
FOTOGALERY: Minki kuier in George
Die onderneming bied 'n wye keuse van materiale waarmee hulle kombuise van topgehalte skep wat smaakvol en ook prakties is. Die kombuis is immers die spil waarom enige huishouding draai.
Lees komende Donderdag meer oor hierdie nuwe besigheid in die George Herald, en aanlyn.
VIDEO: Minki verleen glans aan Universal Kitchens
Herman Lensing se weergawe van slaphakskeentjies.
Pret in die kombuis met Herman en Minki.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'