GEORGE NUUS - Die Tuinroete Messeskou vind hierdie naweek, Saterdag en Sondag, 24 en 25 Maart by die George-skougronde plaas.
“Daar is ‘n hele industrie rondom mesmakery. Ons verwag ten minste 31 uitstallers wat mesmakers, versamelaars, handelaars en 'n bylmaker insluit," sê Sarel Jacobz, die organiseerder.
‘n Mes of byl hoef nie net ‘n alledaagse gebruiksartikel te wees nie. By hierdie skou sal besoekers kan sien dat dit 'n kunsvorm is.
Die skou is Saterdag oop van 09:00 tot 18:00 en Sondag van 10:00 tot 15:00.
Dit vind plaas in die agrisaal.
Toegang is R10 vir volwassenes en R5 vir kinders van 18 jaar en jonger.
Belangstellendes kan vir Sarel bel by 083 444 5353.
Belangstellendes kan vir Sarel bel by 083 444 5353.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'