GEORGE NUUS - Mej. Volrond Tuinroete 2020 is onlangs by die George-kunsteteater gehou. Marushaen Harker (31) van Knysna is gekies as die nuwe Mej. Volrond.
Harker is getroud met twee kinders, Leighchaan (3) en Nickyhano (12). Sy het deelgeneem omdat sy graag ander vroue wil motiveer om gemaklik in hul lywe te wees.
"Ek kom uit 'n familie van volrond vroue. Ek is self 'n nommer 16, en ek hou van mooi aantrek."
Sy glo jy hoef nie 'n klein middellyfie te hê, om sexy te wees, te voel, of aan te trek nie. "Solank dit met smaak gedoen word. Jy hoef ook nie meer jou groter lyf in oorgrootklere weg te steek nie."
Harker het ook met die kroon op Knysna weggestap, en wou in George kom wen ten spyte van al die kompetisie wat hier was. Al die streekwenners en hul prinsesse het in George meegeding om die gesogte Mej. Volrond Tuinroete-titel.
Mej. Volrond Tuinroete 2020, Marushaen Harker op die verhoog.
"Ek is gemotiveerd om verandering te bring in my eie gemeenskap. En gaan eers op sosiale media-platforms probeer om in kontak te bly met vroue in en om George."
Sodra die nuwe regulasies weer verander sal Harker saam met Carly Adams, die organiseerder, funksies begin reël vir die jaar asook volgende jaar se kompetisie.
Volgens Harker is haar man, Chandré, sommer baie trots en het 'n groot partytjie gereël nadat sy gewen het.
Mej. Volrond Tuinroete 2020, Marushaen Harker, hier saam met organiseerder, Carly Adams.
Mej. Volrond Tuinroete 2020, Marushaen Harker.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'