Debra Sauer, assistent mediaskakelbeampte van George-munisipaliteit sê markdae word in verskeie wyke aangebied en is die perfekte plek om unieke produkte vir onder die Kersboom en vir die Kerstafel te koop. "Ons wil 'n mark in elke wyk vestig en die markte uitbrei. Hierdie is 'n inisiatief van Burgemeester Charles Standers en wil George se ekonomie versterk en werksgeleenthede skep. Entrepeneursontwikkeling is baie belangrik vir vooruitgang."
Markdag-koordineerder Desmond Carolus sê die markdae gaan van krag tot krag. "Ons markdae is absoluut gratis en belangstellendes moet net kontak maak met die koordineerders in die verskillende wyke. Dit groei baie mooi en dikwels is daar by die markte ook lekker vermaak vir oud en jonk wat baie voete lok."
Uitstallers moet hulle eie tafel of uitstalblad verskaf aangesien daar oor die feestyd 'n groot aanvraag vir munisipale tafels is. Carolus sê deur die jaar is dit gewoonlik nie 'n probleem om tafels te voorsien nie, maar in Desember is daar baie funksies wat plaasvind.
'n Kinderhoekie met 'n springkasteel, gesigverfsessies en kolwyntjieversiering is altyd baie gewild en sal op 6 Desember by die markte in Conville, Pacaltsdorp, Hoekwil en Blanco wees.
"Creches wend dikwels die kinderhoekies by die markte vir fondsinsameling aan en doen heel goed daaruit. Die fees val op 6 Desember saam met die liggiesfees, en baie stalletjiehouers sal die oggend eers by die markte hulle ware van die hand sit voor hulle gaan uitstal by die fees." Markgangers word ook dikwels deur sangers en trompoppies se passies vermaak.
Wykskoordineerders:
- Pacaltsdorp Amfiteater - Johanna April - 061 822 5705
- Protea Park - Fiela Alexander 072 024 2030
- Conville - Johny Jansen - 083 728 1605
- Thembalethu Square - Thembisa - 078 208 5533; Portia - 071 093 8662
- Blanco - Roslin Peters - 082 592 6326
- Hoekwil - Denise Thysse - 072 430 2221
- Parkdene - Life Sentrum - Nikki Bell - 044 873 6601
- Oorhoofse koordineerder: Desmond Carolus - 076 652 1657; of tydens kantoorure - 044 801 9173
Ellen Meyer (agter) en haar kleinseun, Lue-Denio Meyer (regs, 11) doen besigheid by die Parkdene-mark. Kaylin Baartman (links, 13) en Lucretia Oraai (9) koop van hulle eetgoed.
Hayley Bernadus (8) ondersteun Lee-Ann Muller, Lesinda Majiet en Aletta Salmans se stalletjie in Parkdene.
Foto's: Debra Sauer
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'