Die Markdae-projek is geïnisieer deur die uitvoerende burgemeester van George, Charles Standers, as deel van sy 'Big Idea Project'.
Die markte is in die wyke uitgerol en entrepreneurs kry die geleentheid om handgemaakte goedere en ander produkte te verkoop om 'n inkomste te genereer en selfonderhoudend te word.
Entrepreneurs wat nog nie betrokke is nie word genooi om met Desmond Carolus te skakel by 081 477 9636 vir enige verdere inligting.
Gemeenskapsmarkdae word weer op 28 Junie van 09:00 tot 15:00 by Blanco-gemeenskapsaal, Thembalethu Square, Conville-gemeenskapsaal, Uniondale-gemeenskapsaal, Touwsranten-gemeenskapsaal, Haarlem-gemeenskapsaal en Parkdene-gemeenskapsaal gehou.
FOTOGALERY

Skilwerk vir die potjie is aangepak deur Nadine Veldman, Sharifa Hardnick (met baba Morné), Gaynor Rixana en Melanie Buys.
Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'