GEORGE NUUS - Die polisie ondersoek 'n saak van roekelose en/of nalatige bestuur, asook dronkbestuur, ná 'n man (36) Sondagoggend omstreeks 03:20 'n polisievoertuig reg van voor getref het.
Die verdagte, in 'n wit Mazda-bakkie, het in die aankomende baan in Yorkstraat gery toe hy die polisievoertuig wat op patrollie was, getref het.
Die twee polisiebeamptes het ligte beserings opgedoen en is na die Mediclinic George geneem. Die verdagte is deur provinsiale verkeer op die toneel vir alkohol getoets.
Albei voertuie is deur wegsleepdienste van die toneel verwyder. Die verdagte moet in Mei in die George-landdroshof verskyn.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'