Breaking News Update
GEORGE NUUS - Die plaaslike sakeman (42) wat skuldig bevind is op twee aanklagte van verkragting van sy biologiese dogter, is vandag, Donderdag 30 November, in die George-streekhof tot lewenslange tronkstraf gevonnis.
Die man het op altwee aanklagte van verkragting lewenslank gekry en vir die ander drie klagtes (aanranding met die opset om ernstig te beseer en twee klagtes van kindermishandeling), 12 maande elk gekry. Dit sal samelopend met die lewenslange vonnis uitgedien word.
Hy het haar tussen 2012 (toe sy 14 jaar oud was) en 2015 herhaaldelik verkrag, onder andere by sy huis en sy onderneming in die nywerheidsgebied. Die slagoffer (toe 16 jaar) het eers haar ouma van die seksuele misbruik vertel.
Die volgende dag het sy die skool se maatskaplike werker vertel en daardie aand, haar ma.
Die beskuldigde is kort daarna, op 7 Mei 2015, deur lede van die gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe eenheid (GKS) by sy huis in hegtenis geneem.
Klik hier vir vorige artikels:
- Pa skuldig aan verkragtig van dogter
- Pa wat glo verkrag weer later in hof
- Pa wat glo verkrag weer in hof
- Pa wat vriendinne glo verkrag Maandag in hof
- Man vas vir pornografie in hofselle aangerand
- Opvolg: Man vas vir kinderpornografie
- Child porn scandal hits George
ARTIKEL: KRISTY KOLBERG, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'