Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Leerders van hoërskole in George probeer om gemotiveerd te bly gedurende die tyd van krisis.
Hoërskool Outeniqua
Die hoofleerders van Hoërskool Outeniqua het onlangs 'n aanlynbrief aan hul medeleerders geskryf waarin hulle hul gedagtes oor die tyd waarin ons ons bevind, deel. Hulle het gevoel dit is belangrik om ook hul gedagtes en motivering op 'n groter skaal te deel.
Lucian Rossouw (hoofseun) en Annika van Santen (hoofdogter) van Outeniqua, sê die idee was om die onsekerheid en vrese rondom die krisistydperk met almal te deel.
Volgens Rossouw het hierdie brief baie meer mense bereik as wat hulle gedink het. "Ons is genader deur die groep, Youth of the Nation. Dis 'n groep wat bestaan uit verskeie skole se hoofleerders."
Hier sê Rossouw word hulle daagliks verskeie wenke gegee oor hoe om besig te bly asook iets om oor te dink.
Ehsanul-Lee Booysen van Hoërskool George.
Kyk 'n video hieronder
Hoërskool George
Ook wou Hoërskool George se hoofseun, Ehsanul-Lee Booysen, hul skool se matrikulante motiveer. Hy sê hulle het reeds voor die skool gesluit het notas gekry en daar is 'n WhatsApp-groep waar onderwysers met hulle kontak hou.
Booysen sê hy wil graag alle matrikulante motiveer om by te hou met studies en self by die huis te studeer.
Lazlyn April en Nina van Zyl van York High.
York High
York High se hoofleerders, Lazlyn April en Nina van Zyl, sê as leerders is hulle grootliks nie geaffekteer deur die virus nie.
Hulle wil hê mense moet besef om uit te sien na kontak met familie, is 'n eer, en dat die inperking net 'n klein terugslag is.
April en Van Zyl vra dat hul medeleerders dus die tyd gebruik om by te bly met hul wiskunde oefeninge en ook 'n paar geografie notas moet maak. "Dit sal net help dat die volgende kwartaal baie smooth afskop. Ons weet almal het nie toegang tot die internet nie, so julle kan ook programme op TV en radio volg. Dis net 'n mindshift," sê hulle.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'