GEORGE NUUS - Mnr Adam (Attie) Lewie is amptelik sedert Januarie 2018 as Koördineerder by die Waboomskraal Thusongsentrum aangestel, nadat die George Stadsraad amptelike in November 2017 besluit het om die bestuur van die gemelde sentrum oor te neem.
Mnr Lewie se aanstelling beteken dat hy sedert sy aanstelling in diens van die raad (George Munisipaliteit) is.
Hy is verantwoordelik vir die dag-tot-dag bestuur van die Waboomskraal Thusongsentrum.
Mnr Lewie is reeds sedert 2002 betrokke by die Waboomskraal Thusongsentrum wat in die Direktoraat Korporatiewe Dienste resorteer.
Hoewel die Thusongprogram se fokus meer ingestel is op dienslewering deur verskeie rolspelers (Nie-winsgewende organisasies, staatsinstellings onder meer) aan die inwoners woonagtig in die onmiddellike omgewing waar die sentrum geleë is, sal die toekomstige suksesvolle bestuur van die samewerking van die verskillende rolspelers afhang.
Mnr Lewie kan gekontak word by 044 886 0040 / 084 698 1418. Sy eposadres is [email protected].
Die fisiese adres van die Waboomskraal Thusong dienssentrum is High Waystraat 1, Heidekruin, Waboomskraal wat van Maandag tot Vrydag van 7.45vm tot 4.30nm.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'