Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Die Agri Expo Wes-Kaap Jeugskoukampioenskappe vind vandag by die George-skougronde plaas.
'n Totaal van 179 kinders vanoor die Wes-Kaap neem deel en skou in 12 kategorieë.
President van die Outeniqua-skougenootskap, Gert Pretorius, is ingenome met die verloop van die skou en het gesê dit is 'n eer vir die genootskap om vir die tweede keer die gasheer vir die kampioenskappe te wees.
Deelnemers moes hard werk en punte oor 'n tydperk van 'n jaar opbou by die nege streekskoue in die Wes-Kaap om vir hulleself 'n plek in die arena te verseker.
Breyton Milford, voorsitter van die Wes-Kaapse Jeugskoukampioenskappe, het gesê die standaard van inskrywings is geweldig hoog en die George-skougronde leen hulle goed daartoe vir die aanbied van die skou.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'