GEORGE NEWS - Die Go George Slimkaartkiosk, langs die burgersentrum in Yorkstraat, sluit met onmiddellike effek aangesien die perseel vroeër as wat verwag is, ontruim moet word.
Aanvanklik is kliënte gewaarsku dat die kiosk aan die einde van die maand sou sluit.
Om ongerief vir kliënte van hierdie baie besige fasiliteit te beperk, is 'n mobiele Slimkaartkiosk voor die kiosk geparkeer om dienste te lewer terwyl 'n tussentydse reëling gefinaliseer word.
Tot verdere kennisgewing – wat nie meer as 'n week behoort te wees nie – sal een van die twee mobiele kiosks ongelukkig uit die huidige mobiele skedule onttrek moet word om die Yorkstraat-lokaal te bedien.
Vir ten minste die res van vandag en môre (24 Februarie) sal die volgende geskeduleerde mobiele staanplekke nie diens lewer nie:
Woensdag 23 Februarie:
- 13:00 – 16:00 Protea HyperSave, Pacaltsdorp
- 16:30 – 19:00 Highway Fisheries, Beerstraat, Rosemoor
Donderdag 24 Februarie:
- 06:00 – 08:30 Laerskool New Dawn Park
- 09:00 – 11:30 Spar-parkering, Beachweg, Pacaltsdorp
- 13:00 – 16:00 Yorkstraat Boulevard (parkeerarea)
- 16:30 – 19:00 Fortuinstraat, Blanco
Go George sal daagliks die jongste reëlings vir die volgende 24 uur op hul Facebook-blad bekendmaak. Sodra 'n meer permanente reëling in plek is, sal 'n persverklaring met volledige inligting uitgereik word.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'