GEORGE NUUS - Hênds-op! Me. Sindiswa Madaki van Fidelity Guards werk van Maandag af as ‘n sekuriteitswag by die Yorkstraat-poskantoor nadat daar berig is oor grypdiewe wat mense binne die poskantoor in die rye intimideer en probeer beroof.
Mnr. Deon Louw, Wes-Kaapse skakelbeampte vir die poskantoor, het gesê hy wil hy die publiek gerusstel dat Yorkstraat-poskanweer veilig is vir hulle om besigheid in te kom doen. "In samewerking met die SAPD sal ons enige verdagte persoon van die perseel laat verwyder."
Foto: Anoeschka von Meck
Lees 'n verwante artikel hier: http://www.georgeherald.com/news.aspx?id=1686