TUINROETE NUUS - Die 16de Skoenboksprojek in Mosselbaai, George, Willowmore, Oudtshoorn en Uniondale is goed op dreef, maar die organiseerder, Janine Pretorius, sê daar is talle kinders en bejaardes by begunstigde instansies wie se Kerskouse steeds leeg is.
Die begunstigdes is vanjaar:
- ACVV Môreson kinder- en jeugsorg sentrum, George
- Badisa, George
- Mossel Bay Care Centre, Mosselbaai
- Britsevlakte NGK Primêr, Willowmore
- Huis Gert Greeff, Willowmore
- Le Taylder Ouetehuis, Uniondale
- Solidariteit Helpende Hand, Oudtshoorn
- ACVV kinder- en jeugsorg sentrum Huis Triomf, Oudtshoorn
- Rooirivier VGK, Oudtshoorn
- J J Watson-huis vir bejaardes, George
- Tuiniqua-versorgingsoord, George
- Huis Karos, Mosselbaai
Maak só 'n hartjie bly:
Kontak asseblief die organiseerders om die naam en ouderdom van 'n kind of bejaarde by een van die instansies te kry asook om te hoor waar die skoenboksgeskenk afgegee moet word voor of op 27 November.
Deelnemers moet 'n skoenboks of 'n geskenksak met geskenke ter waarde van R250 pak en verfraai. Onthou om die naam en ouderdom van die ontvanger sowel as die sentrum se naam daarop te plak, sodat dit na die betrokke instansie versprei kan word.
Skryf die instansie se naam duidelik op die boks, want dit maak die sortering en verspreiding soveel makliker. Elke ontvanger kry sy of haar verrassingsboks as Kersgeskenk om oop te maak.
Rupert met die rooi neus en Kersvader se ander rendiere het eers 'n bietjie gaan wei.
Hierdie skoenboksprojek is uniek omdat dit vir 'n spesifieke kind of bejaarde gepak word. Omdat al die geskenke nie dieselfde is nie - en elk R250 werd is - laat dit die kind of bejaarde spesiaal voel. Sluit ook lekkernye in - dit is altyd 'n groot hoogtepunt vir oud en jonk!
Mense wat betrokke wil raak, maar nie kans sien om self 'n geskenk aan te koop nie of dalk ver bly, kan 'n geskenk borg. In so 'n geval koop die organiseerders die geskenk namens die borg aan.
Kersvader het geskenkies nodig vir oud en jonk.
Kontak:
- Janine Pretorius - ninabrandt.pretorius1@gmail.com / 083 244 3228
- Anneline Smith - annieoudtshoorn@gmail.com / 084 703 5000
- Yolandi Claassens - yclaassens@yahoo.com / 083 978 3913
Selfs Kersvader moet rus!
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’