GEORGE NUUS - Die groepie bure in Heatherpark het 'n opskudding veroorsaak toe 'n video van hul "hoekbraai" verlede Saterdag wyd op sosiale media versprei is.
Elke paartjie het op hul eie sypaadjie gebraai, etlike meters van mekaar, en oor die straat met mekaar gesels. Nie almal sien hierdie sosiale gebaar egter as positief nie. Sommige reken die soort kuiery skep ruimte vir ouens om te oortree en bietjie nader te kuier, of kinders om oor en weer te speel.
Blykbaar het een van die buurmanne die video geneem en vir 'n vriend en familielede as 'n WhatsApp-boodskap gestuur. Die tsunami op sosiale media het hulle heel onkant gevang, het Fanus Truter, een van die braaiers, by navraag gesê.
"Ons wens ons kon die klok terugdraai. Dit was 'n oordeelsfout, dit was nie wel deurdag nie, maar ons wou eintlik 'n positiewe bydrae lewer en deur die 21 dae kom terwyl ons steeds vir die mense rondom ons omgee."
Truter het gesê daar was bekommernis oor van die buurt se ouer gardes en hulle het besluit om elke middag om 17:00 uit hul huise te kom en vanuit hul erf vir bure te waai om seker te maak alles is in die haak.
"Ons het besluit om vanuit ons erwe te braai, op die hoeke. Dit was positief bedoel, maar braai maar in jou eie erf," het hy gesê. "Die bedoeling was goed, maar die wêreld sien dit ongelukkig nie so nie. Ons vra om verskoning."
Een van vier families wat verlede Saterdag 'n plan gemaak het om op 'n afstand saam te kuier. Foto's: Videogreep
Wat sê die regulasies?
Chantel Edwards-Klose, munisipale woordvoerder, het gesê die regulasies vir hierdie algehele inperking dui aan dat inwoners binne die beperkinge van hul eiendomsgrense moet bly.
Die publiek word versoek om hul naaste polisiekantoor en / of die munisipale kantoor vir wetstoepassing te kontak by 044 801 6350 om sulke voorvalle te rapporteer.
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'