GEORGE NUUS - Inwoners van Huis Harmonie van die ACVV het 'n klomp maskers gemaak om gratis uit te gee in die gemeenskap vir mense wat dit nie kan bekostig of self maak nie.
"Dis die inwoners se manier om dankie te sê vir al die skenkings wat die publiek in grendeltyd aan die ACVV gemaak het," sê een van die naaldwerksters, Marie Williams.
Die ACVV het skenkings van voorraad soos groente, vrugte, vleispakke, geskenkpakke kruideniersware, koekies en paaseiers ontvang en weekliks word vars brood en broodrolletjies geskenk.
Maskers kan by die Byekorf-dienssentrum afgehaal word.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'