GEORGE NUUS - Net soos baie ander skole was daar gisteroggend, Woensdag 19 Januarie, groot bedrywigheid by Rosemoor Primêr. Talle gr. R-leerlinge en graadeentjies het by die skool opgedaag vir die volgende belangrike deel van hul lewens.
Van hulle het styf vasgehou aan hul ouers se hande, terwyl hulle grootoog gekyk het na die plek waar hul voortaan 'n belangrike deel van hul lewens gaan deurbring.
Lionel Müller, die skoolhoof, het van die graadeentjies verwelkom terwyl hulle gewag het om na hul klaskamers te gaan. Covid-19-protokolle moes eers nagekom word.
Hy het vertel dat teen vroegoggend was daar sowat 103 gr. 1-leerlinge en 87 gr. R-leerlinge. Vir elkeen van die groepe is daar drie klasse.
"Ons is reg vir die skooljaar. Die getalle vir die gr. R's en gr. 1's vanjaar is min of meer dieselfde as verlede jaar. Daar is vanjaar sowat 730 leerlinge in die skool. Ons kry baie laat inskrywings."
Lionel Müller, (links) skoolhoof van Rosemoor Primêr by van die gr. 1's en hul ouers en onderwysers kort voordat die eerste skooldag in alle erns begin.
Foto's: Eugene Gunning
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'