GEORGE NUUS - Conville-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) in samewerking met plaaslike polisie het Saterdagoggend, 12 Junie, 'n veldtog teen misdaad en kinderverwaarlosing van stapel gestuur.
Tydens die veldtog het die groep die strate van Borcherds ingevaar om bewusmakingspamflette uit te deel en met kinders en ouers te gesels oor misdaad en kinderverwaarlosing.
Hulle het ook die brandpunte in dié gebied besoek om bewusmaking rondom die onderwerpe te kweek.
Na die veldtog het die groep sop aan die kinders in Borcherds uitgedeel.
Lede van Conville-gemeenskapspolisiëringsforum en plaaslike polisie het Saterdagoggend 'n bewusmakingsveldtog rondom misdaad en kinderverwaarlosing gehou.
Die groep het met kinders en ouers in die gebied gesels in 'n poging om misdaad te voorkom.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'